Die Begrafnisritueel in Eersterust Se Geloofsgemeenskap

Du Preez, Johannes Lodewickes Christoffel (2000) Die Begrafnisritueel in Eersterust Se Geloofsgemeenskap. Masters thesis, Universiteit Van Suid-Afrika.

[img] PDF (Die Begrafnisritueel in Eersterust Se Geloofsgemeenskap)
dissertation_du_preez_jlc.pdf - Accepted Version
Restricted to Repository staff only

Download (5MB) | Request a copy

Abstract

As 'n gemeenskap is Eersterust 'n skepping van apartheid. Voor die Groepsgebiedewet (1950) het alle rassegroepe in Pretoria vermeng gewoon. Dit sou lei tot ondertrouery en kultuurvermenging - iets wat die geloofsgemeenskap van Eersterust se begrafnisritueel weerspieel. Die begrafnisritueel het nie in Eersterust ontstaan nie, maar is daar uitgebou - soos die toevoeging van die troosmaal na die begrafnis. Wat by 'n afsterwe in Eersterust opval, is die geweldige kollektiewe gemeenskapsbetrokkenheid vanaf afsterwe tot met die troosmaal. Daarna kom dit abrup tot 'n einde. Die fokus van die studie is drieledig. Eerstens word gekyk na die ontstaan van die begrafnisritueel. Daarna kom twee vrae aan die orde: Wat is die betekenis van die begrafnisritueel vir die geloofsgemeenskap? Watter invloed het die ritueel op treurendes binne die geloofsgemeenskap wat doodsverlies moet verwerk? Die eerste vraag weerspieel 'n gemeenskap se trots op wat binne 'n gegewe historiese en sos10- politieke situasie vermag kan word. Binne hul verhaal van swaarkry le die spore van 'n alternatiewe gemeenskapsverhaal met 'n sterk eskatologiese duiding. Die tweede vraag wek ambivalente gevoelens. Sommige medenavorsers voel die hulp aan die treurendes is hopeloos te min. Ander getuig weer van bystand aan treurendes na 'n afsterwe. Oor een aspek is daar eenstemmigheid: Die geloofsgemeenskap sal maniere moet vind om die bestaande pastorale sorg aan die treurendes nog beter te doen.

Item Type: Thesis (Masters)
Uncontrolled Keywords: Homiletics; Preaching; Congregation; Evangelism; Reformed Theology; Altar Call; Reformed Preaching; CG Finney;. Reformed Homlletics; Hermeneut1cs
Subjects: B Philosophy. Psychology. Religion > B Philosophy (General)
B Philosophy. Psychology. Religion > BT Doctrinal Theology
Divisions: Afro-Christiana
Depositing User: Mr Jude Abhulimen
Date Deposited: 29 Jul 2016 10:22
Last Modified: 29 Jul 2016 10:26
URI: http://thesisbank.jhia.ac.ke/id/eprint/1266

Actions (login required)

View Item View Item